rss
18

Afrikaans en my lyding!

Stack of BooksHierdie pos is spesiaal opgedra aan die “Pastorie Tannie” wat so kla oor my swak spelling en goor taal gebruik.

Ongelukkig moet ek dit nou hardop sê dat ek het van skool absolute niks gehou nie. Niks wat ek daar gedoen het was nou regtig wat my aandag trek het nie. Met gedagte span van 15 sekondes is dit seker nie moeilik om my te verloor nie. Nou is baie jammer as ek weer op iemand se tone trap, maar my Afrikaanse klas was nou regtig hel. Pleo-nasme, toutologie en personifikasie was nou regtig my “ever end”. Dan praat ek nie eers van die Afrikaanse handboek wat so swaar was soos die Guthenburg Bybel nie. Dit is seker hoekom ek so sukkel met skryf en myself uitdruk in woorde.

Nou die onderwyser wat ons gehad het, het ‘n buite egtelike verhouding gehad met Afrikaans, soos hy tekere gegaan het. As ek praat van Afrikaanse klasse dan het dinge begin skeefloop vanaf Standard 6. Ongelukkig is ek van die dom garde. Ek het nog skool gegaan tydens standards en nie grade nie. Die man het sulke koelronde wange gehad wat altyd rooi was en so regte bokbaartjie. So ons het hom sommer “Skorsiewange” gedoop. Die klas was opgedeel in in rye wat begin by slim en eindig by “kakieboslaan”, waarvan ek en paar ape permanente inwoners was. Dit was maer jare as dit kom by taal reëls en enige andere inligting ten opsigte van Afrikaans. Kakieboslaan was die plakkershut in die “grand” woonbuurt wat nie wou weg waai nie. Ek het hom jammer gekry party dae, net om later uit te vind dat daar is ‘n Kakieboslaan in elke klas. Dit het my so bietjie laat beter voel.
Voorgeskrewe was ook vir my nag. Dat mens ‘n pragtige boek kan verkrag deur allerhande interpretasies uit hom te druk, was my verstand te bowe. Gelukkig kon dit nie my lees geesdrif demp nie. Bart Nel se emosies moes ons voel in die boek. Raka se reën dans moet ons ruik en in asem. Met die Nederlands was dit veel erger. Arme Francesco de Campana was al klaar emosioneel in sy hel oor hy nie die lewe kon verstaan nie, nou kom Skorsiewange en veroorsaak dat die arme knaap in een moerse bottervat eindig saam met ‘n bok. Dan nog om vir die inwoners van Kakieboslaan te vra watse emosies Francesco ervaar in die bottervat? Asof ons nou daar is. Een slim “kabouter” antwoord dat Francesco gedaan is agv die bok se stank. Nodeloos om te sê die “kabouter” het ere burgerskap gekry in Kakieboslaan.

Op een tydstip in matriek het ons besluit dit is genoeg. So bespreek ons af dat elke klas toets wat ons boeke ruil, maak ons die ander se foute reg. So leer ons elkeen iemand se handskrif na doen. Reël was, as jy nie antwoord ken nie, dan los jy dit oop, dan vul jou maatjie dit in. Goed gegaan vir tyd, ons was later tot die kroon juweel in sy jare lange soektog na die perfekte skolier. Tot die iemand ons “ge-grass” het. Toe val ons “shares” vinniger as die New York Stock Exchange tydens die Depressie.
Wat my nog meer afgesit het van Afrikaans en opstel skryf, was dat dit maak nie saak hoe oulik jy skryf en hoeveel woordeboeke jy insluk en opvreet nie, die ou moer sal jou net 50% gee as hy nie van jou hou nie. So vang ek hom uit en kry een van sy sterre om vir my ‘n opstel te skryf en ek skryf vir haar opstel. My opstel wat ek vir haar geskryf het, kry 80% en hare wat ek geskryf het kry maar weer net 50%. Al wat ek kan sê dat dit het nie goed afgeloop toe ek hom die ou “foutjie” uitwys nie. Ek kry toe sommer nul vir oneerlikheid! Sy behou haar 80%.

In die Duitse klas het dinge ook nie vel beter gegaan nie. Sommer standard 7 die handdoek ingegooi. “Abenteuer der Schwarzen Hand” was baie oulike storie, maar weereens kon hy die arme storie vinniger platslaan as klomp Luftwaffe Bommers. Baie jare later weer so bietjie Duits geleer in Oostenryk. Ongelukkig is daar nie veel wat jy met die plaaslike dialek kan doen buite die dorp se grense nie.
Daarom vandag sukkel ek nog om woorde agtermekaar te sit. Spel ek maar goor en plaas ek kommas en punte waar dit nie hoort nie. Darem nie sleg vir ‘n “half naaitjie” nie. So tussen deur al die grafte van verlede en letsels van die “taal” slagveld, praat ek darem nog ‘n half verstaanbare Afrikaans.

Die Rede:

Omdat ek wil en omdat ek kan.

Comments (18)

Trackback URL | Comments RSS Feed

  1. Gogga says:

    Ek verstaan baie mooi hoe jy voel oor die spellng en reels wat nagekom moet word. Dit is hoekom ek eerder my media in POTGOOI maak. Ek kan praat en verduidelik. Maar spel was nog altyd ‘n swaar een vir my.
    Net soos jy het dit maar van die onderwyser af gekom.
    Ek het elke dag pak gekry omdat my skrif nie reg was nie of omdat my rok se soom nie reg was nie of iets en toe moes ek nou nog jare by dieselfde mislike onderwysertjie Afrikaans kry. So is my eie tyd vir lees en verstaan lekker maar as ek vertel word hoe ne wat dan skop alles binne my vas.
    Nou sit ek in ‘n ander land en my taal is so mooi en ek geniet dit as ek dit kan praat.
    Ons elkeen het maar sy eie stukkie waarmee ons moet sukkel. en Spelling sal myne bly tot die dood toe.

    • Rustig says:

      Ek probeer darem reg spel. Ek moet bysê dat dit het nie my leeslus gedemp nie. Die het ek van my ouers ge-erf. Moet erken dat ek lees baie min op die oomblik.

  2. demoerin says:

    Daar is definitief niks met jou geheue fout nie!
    Ai, dit is die reine waarheid hierdie, ‘n onderwyser kan ‘n leerling maak of breek. ‘n Onderwyser kan veroorsaak dat ‘n leerling ‘n totale gly in een of ander vak kan kry. Dit is sad.

    Ek moet sê ek het my Afrikaans nogal geniet – Die onderwyseres wat ons gehad het was net so passievol, veral oor die prosa, poësie en opstelle (Die dinge wat ek geniet het), daar was nie baie aandag aan reëls en taalkunde en sulke kak gegee nie :lol:

    • Rustig says:

      Ek het nou nie daardie gevoel ervaar en in ekstase gegaan oor poësie en opstelle nie. Sukkel maar om wat in kop aangaan in woorde en papier vas te slaan.

  3. Sammi says:

    My liewe Rustig

    Baie dankie vir hierdie pragskrywe van jou aan my. Ek het met tye in my koffie verstik van lag. Ek hoop dit gaan goed met jou. Hier onder aan die gatkant van donker Afrika sokkel ons maar elke dag voort om sin te maak van leiers wat hul taak versuim.

    Maar ons bly positief (ek mag nie ‘n sin met maar begin nie) en ons kla nou wel so nou en dan oor die “potholes” (ek mag nie my taal meng nie) en die feit dat rates alweer verhoog is. En (ek mag nie my sin met en begin nie) die feit dat die SABC sommer ‘n hele 1% van ons belasting volgende jaar vir hul oorlewing wil hê.

    Tog kan ons nogsteeds darem mekaar verstaan (lomp sin) tenspyte van die feit dat Jan Spies self vir my klas gegee het in Afr-Nederlands by die ou RAU. Foeitog, ek wonder wat HY sou sê (bless his soul) as hy geweet het ek het buite my taal en kultuur getrou?

    En dat ek my kinders aanhits om die buiteland vir werksgeleenthede te verken? Oeeeeeee alla! (Aanvaarbaar?)

    Kyk mooi na jouself

    Liefdegroete
    Sammi

  4. mnr.muller says:

    Ja-nee, die hele klasgee-ideologie het verander. Taal en spelling word nou hanteer as ‘n middel tot ‘n doel, nie die doel sigself nie.

    Tog, lyk my ou Skorsiewange het iets reg gedoen, seinde jy vandag so knap skryf! (Haha, dikwels behaal skoolkinders sukses TEN SPYTE VAN hulle onderwysers, nie “as gevolg van” nie :)

    • Rustig says:

      Is seker so. Vriend van my wat saam met my in “kakieboslaan” gewoon het, is besig met sy M-graad en het ook al boek geskryf. So daar is hoop.
      Tog dink ek spelling is belangrik, sowel as goeie lees vermoë.

  5. Ek was ongelooflik lui op skool. Ek ken glad nie my Afrikaanse spel reels nie… Ek het Afrikaans spell check aangeskaf sodat ek kan sien wanneer ‘n woord een of twee woorde moet wees… Ek vaar beter met die Britse taal!

    Maar dit pla my nie so erg nie… ;)

    • Rustig says:

      Ek is ook al verby die pla storie! Ek probeer darem reg spel omdat ek dink dit hoort so, maar gaan nou definitief nou nie myself in toestand van skok plaas as dit verkeerd is nie.

  6. Zee says:

    Ai die tenses van my is ook nie partykeer lekker nie. Ek sal ‘n sinnetje skryf en dan dink, nee dit moet omgedraai word, en dan klink dit ook nie reg vir my nie, so…. ek skryf ‘n ding net soos hy in my kop kom, reg of verkeerd :)

    Bwhahaha en toe kry jy 0%, jis ek sou darem maar ‘n tantrum gegooi het hoor :)

  7. Vlam says:

    Jislaaik, Rustig. :shock:

    (1) Jou geheue is inderdaad indrukwekkend! Vet weet, ek het nie ‘n clue wat ons Nederlandse boek in matriek was nie. Ek kan net onthou dat ons, ons siek gelag het oor die ‘poes’ wat ‘n kat is, of so iets? Ek hoop nou nie ek onthou verkeerd nie!

    (2) Ek glo jou nou dat jy nie ‘n piepkuiken is nie. Bart Nel! Raka! Jel, dis die goed waaraan ek ook gewurg het!! Ek onthou ek het in my hart ou Bart so gehaat omdat hy vroom en proper was. Genade, bid jou aan! Dubbele hoereerdery – dis hoekom hy nie sy rondloper vroutjie wou terugvat nie…

    Dit alles gese, ek was nogal een van die beter Afrikaanse studente. Waar jy egter met die jare skynbaar verbeter het, kan ek vandag skaars een sin in suiwer Afrikaans gooi. Die tieners, jy weet. Plaas dat hulle by my geleer het, het ek by hulle geleer. :oops:

    En nou het ek so pas ‘n opstel geskryf! :lol:

  8. Sammi says:

    Da annekant waar ons gespeel het, het party mense juis deur leesstekens en gebruik van die Afr taal, hulself darem liederlik weg gegee! En dan dink jy, JY het ‘n probleem met daardie!
    Neeeeewat Rustig, jy skryf TOPS, absolutely sommer bleddie briljant!

Leave a Reply




If you want a picture to show with your comment, go get a Gravatar.