Afrikaner professioneel asseblief!
Die laaste paar weke en dae het ek by so paar sogenaamde Afrikaner “cause” web blaaie gaan draai. Nie dat dit veel verskil van mekaar nie. Almal ry dieselfde ou perd se rug hol.
Die nuwe woord “volksmoord” word tot misbruik tot op die grens van laster! Spaar my tog ‘n speenvark asseblief! Die Afrikaner is nie die enigste minderheids groep in die wêreld wat dwars klappe kry nie.
Wat my regtig dwars in die krop steek is die web blaaie wat die boodskap moet uitdraai. Genade Oom en Tannie van Melktert Heuwels! Wie het julle opdrag gegee om so gewigtige saak se blad te ontwerp? ‘n Kleuter met vetkryte kan beter doen as dit. Ek het al beter Neo-Nazi web tuistes gesien.
As jy jou saak wil bevorder en aan die wêreld wil al jou ellende en swaarkry verkondig, doen dit asseblief ordentlik en met styl. Wees professioneel! Hoe verwag jy dat die wêreld moet jou ernstig opneem en jou saak help bevorder met sulke kinderagtige ontwerpe? Nog iets. Nie almal wat afrikaans sprekend is lyk soos “Het van Verlangekraal” nie. Weg met daai “Sannie Jammergat” fotos asseblief!
So Afrikaner, kry jou gat in rat en doen dit ordentlik asseblief!



Janee, van daai sites lyk maar horrid…
Ek het nie probleem as hulle die saak wil uitdrae aan die wêreld nie. Dit is hoekom daar internet en vryheid van spraak is, maar doen dit tog ordentlik. Die beeld wat die wêreld sien is dat almal wat die Afrikaner naam dra is eenvoudig, arm en lyk maar oes. Vertel die wêreld van jou lot met styl as jy simpatie soek.
kyk maar na die beeld wat groepe soos dj ossewa en jack parrow uitgee. Hoe ghif is ghif dan? O, jas seker so ghif soos die mens wat hulle musiek en dvd’s koop.
Die ding is, as hulle nou die website te “grand” maak, wie gaan dan glo hulle kry so swaar en is so verarm en onderdruk?
Ons donnerse Afrikaners (en ek sluit myself daarby in, hoor) is nog steeds te donners bederf.
Dit is ook waar, maar ek is seker as hulle ‘n professionele persoon kry sal die boodskap reg uitgedrae word. Dit lyk regtig treurig en my “web design” kennis is ook maar baie min. Ek spandeer nie langer as 30 sekondes op so web tuiste nie. Dit is net te veel moeite om dinge te lees en die fotos is genoeg om my na iets anders te laat gaan.
Met die bederf stem ek 100% saam.
Amen !! Beter kan ek dit self nie stel nie.
Ek stem. Sommer pot bollie. Dis asof daar deesdae ‘n kompetisie met foto’s en videoa is… Het van Verlang Kraal vs. Sipho van Diepsloot. Aan die einde stel dit net die hele land in ‘n swak lig.
Bahahaha
Dis wat ek van die taal hou… As jy verwys na ou Hettie dan weet elkeen presies wat jy bedoel!
Wie is ou Hettie? Ekke hettie gewetie daar is ‘n bekende ou Hettie nie. Ek ken vir Bettie marie Hettie nie…mmmm
Het van Verlangekraal! Die televisie storei van so paar jaar terug.
Rustig, man ja, Ding weet nou nie regtig waar watter foto’s en webblaaie ‘n steen des aanstoots is nie, maar Ding wil desnieteenstaande tog maar ‘n stuiwer in die armbeurs slinger: Ding kry ook vreeslik skaam vir die volkseie mense wie by kruisings met kartonne om die nek staan en so aan en dan smaak dit vir Ding Ding wil hulle tromp-op vertel waar hulle kan loop kyk na die miere en hoop as hulle nie te lui is om te gaan nie, sal hulle te sleg wees om terug te kom. Maar die waarheid is: daar IS wrede, werklike armoede en die volkseie word uitgemoor – alhoewel hierdie nie die enigste volk is nie, IS dit ook ‘n volk. En te moer daarmee – ek is nie bederf nie. Is dit nie maar net makliker om eerder te kritiseer as enige ander aksie nie?
Ding ek is nie blind vir die armoede onder die blankes nie, net so min as wat dit onder ander groepe is in Suid Afrika. Ek het nie probleem met die die mense se veldtog om die wêreld bewus te maak wat gebeur op die plase ensovoorts nie. Dit is net die amateuragtige manier wat hulle gebruik om die boodskap te lewer. Die internet is ‘n ongelooflike magtige wapen as dit reg aangewend word, maar dan moet jy weet hoe en dit reg doen.
Ding verstaan alte gaaf dat dit die probleem is, ja, maar dis mos nou maar nie almal wie geseend is met die mag van die taal en die fyn finesse van professionaliteit nie. Dit is inderdaad ook so dat die internet ‘n ongelooflik magtige wapen is – in meer as een opsig! Waar Ding matelose empatie het, is daar waar voorheen hardwerkende hande noodgedwonge moes plek maak vir voorheen sg benadeeldes.
Dit verstaan ek ook met opsy staan vir die benadeeldes. Dalk is ook tyd vir die bevoordeeldes om dalk eie ding te doen. Ons het tog die “skill” om te doen, waar die benadeeldes nie altyd dit het nie en sukkel.
Oor die web werwe kan ons mos maar ‘n professionel persoon huur. Ek is seker daar is so persoon wat wel ook die saak steun en sy/haar dienste gratis sal aanbied.
Solank jy genoeg kos in jou kaste het, ‘n dak oor jou kop, ‘n warm bed om in te slaap – dan IS jy bederf. Nie bederf in die sin van ‘n kind wat stout bederf is en te veel lekkergoed kry nie. Bederf in die sin van dat jy geen idee het hoe dit voel om met ‘n honger maag, ‘n honger hart en ‘n koue lyf te gaan slaap of wakker te bly nie. En jammer, maar meeste van die “wit” mense in hierdie land lewe nog steeds lekker, blinkvet lekker, al bitch en moan hulle heeldag oor die toestand van die land.
1. Dus: die term “bederf” is eintlik maar ‘n ongelukkige woordkeuse – bederf opsigself is dan onvanpas.
2. As DIT bederf is, dan noop dit ‘n stelling waarin ‘n honger maag, ‘n honger hart en ‘n koue lyf die norm is. In ‘n kapitalistiese, vrye mark staatsbestel durf dit nie die norm wees nie. Met ander woorde: waar die nodige lewensmiddele bekom is met en deur arbeid en vrugvol aangewend is en word om ‘n dak oor die kop ens te verseker, is dit onvanpas om dit uit te beeld as “bederf”.
3. Daar is niks jammer aan om dit wat verdien is, te geniet en te beskerm nie. Daar is wel groot fout met diegene, ongeag ras of geslag, wie op ander teer.
4. Wat is die wie hulleself as “bederf” beskou, bereid om op te offer vir die wie met honger mae en sonder ‘n dak oor die kop en so aan? Om dus in luukse te sit met al die bederf van die gerieflike dak oor die kop, die vol maag, die gerieflike motor, die gerieflike werk en die gerieflike rekenaar en internet en NIKS anders te doen nie, as om dieself en wie weet nog te etiketteer as “bederf”, is maar eintlik net ‘n gekamoefleerde verontskuldiging. Dan sê Ding weer: se moer is ek bederf! Wat ek het, het ek, en doen ek steeds, voor gewerk en se moer met wie ookal my wil etiketteer as bederf – dis my goeie reg en Ding sal staan, veg en val daarvoor en basta.
Sover ek gehoor het is Ding die laaste een wat homself bederf. Iewers het die singende LS duidelik laat blyk dat dit tyd is dat Ding daai moet doen.
maar dan, môre is seker nogge dag
Hmmm, Sammi, maar een van Ding se alltime grootste bederfies in hierdie lewe is juis die singende LS se onvoorwaardelike liefde… En JY, Stoutgatjie, weet nog steeds hopeloos te veel van Ouding
Darem dan so maklik Ding dat Ding bederf sal voel.
) song van (agwat toemaar…sal jul eendag vertel)
Laat my dink aan daardie lank lank lank gelede (skies – ek’t vergeet ons Gasheer en jy’s te jonk om te onthou
ekke gaan nou doeks… later?
Ek dink mens moet duidelik kan onderskei tussen regte en luukse (bederf). Elke mens is geregtig op genoeg kos, ‘n warm bed, ‘n dak oor jou kop (ek dink juis soveel het nie meer nie) opvoeding, veiligheid, hospitalisasie ens ens wat niks te doen het met bederf nie, Anne-marie.
Belasting behoort immers daarvoor aangewend te word as ‘n noodsaaklikheid onder andere.
Ek dink werklik nie mens moet mens sself blind staar aan die euforia van ‘n sokker sukses resep wat kortstondig mag wees nie (ok ok, dalk goed vir die toerisme bedryf – maar dis te bespiegel). Kom ons praat weer oor ses maaande of ‘n jaar wanneer die realiteit ingeskop het.
Waarom anders sit so baie van ons mense in annerlande?
Aan die anderkant, is ek tog so dankbaar dat daar werklik ‘n groot mate van nasie-binding nou plaasvind.
Viva Suid-Afrika. Mag God ons genadig wees.
Oor die sokker sal ek niks sê nie. Persoonlik dink ek dit was goed vir die meeste Suid Afrikaners uit ‘n nie materiële oogpunt. Oor wie wat gaan betaal gaan vir baie jare nog gewonder word. Op die lang termyn of dit goed of sleg was, sal tyd wel leer. Hier in die oorses koerante is daar al klaar artikels oor wie eindtlik wegstap met die geld en wie bly agter om die rekening te betaal. FIFA 1 – SA 0. Daar is mos maar altyd ‘n “hangover” of twee na ‘n partytjie.
Stoutgatjie, kom HIER – dis nou later!….
Haai julle twee hierbo! Dit is nie die Lanbouweekblad se opsitkers die nie!
Die Landbouweekblad hette opsitkers Rustig? Ag man, ons voel so tuis by jou en in die afwesigheid van ons eie blogs, was ons maar net sommer blymoedig na ons en jou lang stilte. Have a heart!
Die foto’s: Destyds in Jozi het daardie mense reeds bestaan. Totaal verlore toe alreeds gewees. Maar die kinders…foeitog, watse kanse het daardie kinders? En waarom het die mense nogsteeds babas?
Lees hier: http://www.boston.com/bigpicture/2010/07/poverty_within_white_south_afr.html
Snaaks hoe daar op ‘n hele paar van hierdie foto’s iemand is met ‘n sigaret in die hand. Wat kos sigarette deesdae? Ek is seker ‘n pakkie 20 kos genoeg vir 2 brode. Wonder waar het hulle die alkohol weggesteek? En ek sien daar ‘n hele paar manne wat vir my heel jonk en gesond lyk. Hoekom waiter hulle nie iewers nie? Of is dit benede hulle? Bid elke dag vir werk en sê elke aand dankie Here dat hulle niks gekry het nie. Nee wat, nes die sagmoediges, sal ons die armes en armsaliges ook maar altyd by ons hê.
Seker al 3 brode…
of vier brode. Ai wat word van die boere se trots? wonner net wat die ooms op die swart en wit fotos met die pluiskuile en groot baarde en vet snorre sou dink van ons ou volkie wat hom so self bejammer oor stront. Dit sal hulle laat berou dat hulle ooit kaalvoet oor die drakensberge gevlug het vir vryheid. Wat het geword van nie gaan le mie maar opstaan en terugbaklei, nee lyk my ons afrika bloed maak van ons afrikane wat net weet van bedel en eis, of het ek nou die gat aan die stert beet?
Kom my so voor dat die sogenaamde Afrikaner mal is oor die Sannie Martelgat sindroom. Kyk na ons hoe knou hulle ons af. Jy weet die Iere het dieselfde houding. Hulle is altyd verontreg.
Het jy nou al enige nuus?
Nee! Ek gaan Donderdag 5 Augustus weer vir twee onderhoude. Sal seker teen einde Augustus wees. Die plekker en onderhoude raak net al hoe “grender”.
http://www.mountainluxury.co.uk/
Ek sal selfs die sneeu en koue trotseer vir die een.
Sterkte vir jou interviews Donderdag!
Nou die blog inskrywing:
Hierdie foto’s wat die Afrikaner uitbeeld as iemand wat nogsteeds wroeg en swaarkry van doerie tyd toe ons oor die berge getrek het is so laas jaar.
Ek is ook ‘n Afrikaner en verskoon my – ek wil nie so voorgestel word aan die res van die wêreld nie. Dis nie te sê ek is nie trots op my geskiedenis nie maar die swart en foto’s is presies net dit: geskiedenis
“So Afrikaner, kry jou gat in rat en doen dit ordentlik asseblief!” Ek stem 100% saam met jou Rustig.
Natuurlik ook sonder die geswets en karakterskending wat ek “te”
veel op hierdie webblaaie se kommentaar teëkom. Hulle is veronderstel om die boodskap oor te dra dat hier definitief nie werk is vir almal nie, dat die wrede werklikheid van armoede wel bestaan (warm kombers, warm skoolklere, warm bord kos)dat misdaad hand-uit geruk het (plaasmoorde, verkragtings ens) Dus die web blad moet ernstig en professioneel wees as jy positiewe reaksie wil kry. Mind u is dit wat hierdie web blaaie se doel is??? Vra hulle hulp of wil hulle die wêreld attent maak op die probleme in SA of is dit “sulk” blaaie???
Hierdie webblaaie is baie belangrik want dit is ‘n ernstige saak daarom moet mens maar waak om jou hand aan iets te slaan wat moontlik meer skade as goed kan doen.