rss
11

Fees groete.

Happy New YearSo liewe mense, gemeente lede en susters van die Koeksister Brigade, dit is daardie tyd van die jaar wat baie mense verwelkom en ander net hoop dit gaan vinnig verby. Hoe dit ook al moet wees in jou lewe is vir jou om te kies. Ek wil darem net namens die fees komitee julle almal ‘n geseënde en voorspoedige feestyd toewens tot ‘n volgende keer.

Ek weet nie wanneer ek weer hier sal inval nie, aangesien ek rekenaarloos gaan wees vanaf Januarie 2010 en soos dinge nou lyk twyfel ek of ek ‘n abakus sal kan bekostig. Ek gaan darem so bietjie in die pragtige Kaap kuier met al die see, sand en wyn. Ek hoop almal hou lekker vakansie en is goed uitgerus vir 2010, die sokker en al die manewalis wat die regering uitdink om die massas mee besig te hou.

Groete en veilige feestyg.

Rustig

Comments (11)

Trackback URL | Comments RSS Feed

  1. demoerin says:

    Beste wense vir jou ook, en ek hoop jy geniet jou ruskansie daar aan die Kaapse kus.

    Ek hoop jy kry sommer elke dag ‘n ou skaaptjoppie te ete, en lekker Kaapse wyntjies om dit mee af te sluk.

  2. Tjorts ou Krok!

    Merry, Happy en Festive watookal jy gaan vier! Onthou asseblief tog net jou sonblock… Die son hier is die tyd van die jaar effe anders as waaraan jy gewoond is!

  3. Beste wense vir jou en geniet die Kaap!

  4. Tersia says:

    Geseende Kerstyd!

  5. Vlam says:

    Namens die Koeksister Brigade wil ek jou ‘n heerlike vakansie in die vaderland toewens. Tjorts! :wink:

  6. Hi daar, ek glo jy gaan jou tyd in die Kaap geniet—– wat kan beter wees, nê? Kan jy my asb email. Ek wil jou NB iets vra oor jou site en die ads, sukkel my bloue jis af dié kant, want skynbaar weet niemand hoe dit gedoen word nie. thanx!

  7. Katvoet says:

    Hi Rustig! Bly jy kom bietjie huistoe. Geniet die son en see. Jy loop dalk net ‘n paar bloggers raak opi strand… Geseënde Christusfees.

  8. Happy, Merry, Hiep-Hiep Hoora daar in die verte!

    Nie meer lank nie dan kom speel jy in die son en sand en ope blou lug! :P

  9. Johan Swarts says:

    lol @ koeksisterbrigade!

    dieselfde goeie wense vir u ook :)

  10. demoerin says:

    As die vakansie verby is… is dit mos weer tyd vir blog dan nie :?:

  11. Rustig says:

    Ek rus nog en moet eers weer orde kry by die werk.

Leave a Reply




If you want a picture to show with your comment, go get a Gravatar.