rss
20

Is ek "kommin" as…

Three flying ducks. …as ek blou “vis plakkies” dra en daar vlieg 3 eendjies die ewigheid in teen my muur?
…as ek na Jack Parow luister en braai met Kooler Box as agtergrond musiek?…omdat ek sandale en kouse aan het met ‘n kam in?
…daar ‘n pienk plastic flamink in my voortuin is en rusbank met ‘n kunsmatige sebra vel oortreksel.

Wat maak sommige dinge “kommin” en ander weer “kitch”? Is dit omdat ons sekere assosieer met sekere mense, kultuur en taal? Wat is so erg aan wollerige dobbelsteentjies aan die tru-spieeltjie?

Ek dink my Tretchikoff prints is hel “sexy”, maar pienk plastiek krullers in die hare op Vrydag agtermiddag in die dorp is “kommin”.

Comments (20)

Trackback URL | Comments RSS Feed

  1. Sammi says:

    Neewat Rustig, jy is nie kommin nie, (watter aaklige Afrikaanse woord) jy is klas.
    Dis hoe jy jouself handhaaf of nie, hoe jy reageer ens.
    Daar is ‘n plek en tyd vir alles – selfs mooi gesigte deur Tretchikoff kan baie goed lyk.
    Buitendien jou kos smaak alleenlik bewys aan my in watter liga jy speel.
    En jou sin vir humor.
    Ek ondersteun in alle geval net diegene wat nie daai woord is nie :mrgreen: want ek is mos maar vol nonsens.

  2. Vlam says:

    Jeez, ek kannie glo jy weet van Jack Parow nie! :shock: Ek het maar eers oor die naweek uitgevind. :lol:

    Ja, al die bogenoemde is kommin. Weet nie hoekom nie, maar vet weet, dit IS kommin. :mrgreen:

  3. wipneus says:

    :lol: Nee jy is verseker nie kommin nie. Ek het nie een van daai dinge nie, en ek het dit ook baie lank laas gesien. Ek dink die goedjies wat jy hier genoem het val nou al onder “Antiques”

    Ongeskik, onmanierlike gedrag, kru taal en vieslike bar grappe, mense wat ander mense veneder en sleg behandel omdat hulle dink hulle is beter, is vir my vreeslik “kommin” (Net een voorbeeld mense wat die waiters so sleg behandel dat ek wens die aarde sluk my in, hulle vergeet dat hierdie somtyds studente is wat ouers help betaal aan duur studiegelde)

    Is ek kommin? Miskien is ek, deesdae word so baie dinge as kommin gelable, dat mens nie meer seker is nie. :lol:

    Rustig ek het Jack Parow gaan soek op Youtube, maar kry niks, help bietjie hier asb? :lol:

    • Rustig says:

      Wip: Gaan na Johan de Vries se blog en daar is inskrywing oor Jack Parrow en ook ‘n podcast met twee van sy liedtjies op. Ek is nie vreeslik beindruk nie. Taal gebruik laat veel te wense.

      • Zee says:

        En waar is Johan de Vries se blog? Maar as die taalgebruik nie na wense is nie, is dit seker nie die moeite werd om na dit te gaan luister nie…

        • Rustig says:

          Zee: Daar is ‘n link onder podcasts in die middel kolom van my bloglinks. Ek stem Zee, soms wonder ek of die mense nie maar lelik praat omdat dit is al manier hoe hulle aandag kry nie.

  4. Plaasjuppie says:

    As mens nou letterlik wil wees is kommin die Afrikaanse anglisisme vir common op Ingils wat natuurlik algemeen beteken. Dit word algemeen verwag om visplakkies, eende/tapesierie van die voortrekkermonument/Tretchikoff en groot vyf afdrukke teen die muur, pienk doilies oor die ekstra toiletrol in die badkamer, golfbal posbusse ens. ens. ens. in Afrikaanse huise te kry. As die goed jou dan kommin maak, dan staan ek ook in die kommin hoekie.

  5. Oe, ek llaaik Kitch… Veral Afrikaner Kitch fasineer my! Dis ‘n kuns. Kommin is ‘n houding en gedrag.

    Maar ek wil net weet… As iemand praat van visplakkies… hoekom weet almal wat dit is? Van waar die naam :?:

  6. Rustig says:

    Hoe klink dit so of daar op tone getrap is? Ek het nie een van die goed nie en luister ook nie na dioe genoemde musiek nie. Dit was maar so bietjie tong in die kies. Is dit nie dalk as ons genoemde goed sien dat ons mense soms in sekere kategorie plaas nie?

  7. demoerin says:

    Kommin is ook partykeer lekker!! (Veral as jy so nou en dan jouself so gedra) Net alles in die wind gooi en nie bekommer oor wie wat mag dink nie.

    Ek wonder ook nog oor die naam visplakkies :lol: Hulle is die BESTE…. *steek my hand op* Demoerin is kommin :lol:

    • Rustig says:

      Sulke Pep Stores modelle! :) Nie vreeslike palkkie mens nie, die goed bly val uit my voete of ek loop sommer uit hulle uit. Is soos jy sê, dit is soms lekker “to let your hair down”.

  8. Ek weet nie, maar ek vrek oor weense worsies en dit is glo gemaak van afval en pote en dit is glo commin om dit te eet, whatever!!! dit is altyd in ons yskas.

    • Rustig says:

      Onthou jy daardie rooi viennas? Dit is van mark verwyder want die “food police” het gesê die rooi ink is giftig. Altyd gewonder waar ek die “twich” in my nek vandaan gekry het.

  9. Ek sien Plakkies is nou weer mode, slip-slops… voorheen het ons Hang Ten plakkies gedra, maar deesdae kan ek nie met plakkies loop nie, ek wil net oor my eie voete val. ai die ouderdom :)

Leave a Reply




If you want a picture to show with your comment, go get a Gravatar.