Nuwe Keuses
Die tyd het aangebreek om die tasse te pak, onnodige dinge weg te gooi en nuwe rigting in te slaan. Die stofpad roep! Na amper 10 jaar se verblyf in Ierland voel ek nou dit is tyd vir nuwe dinge en ander rigting. Keuses is gemaak en nuwes moet gemaak word. Al wat ek weet is dat die einde het aangebreek vir die hoofstuk in my lewe.
Na lang gedink en rond rol op die rusbank het ek besluit om nie meer Kanada toe te trek nie. Redes is baie en ook nie regtig belangrik nie. Ek is persoon wat as ek nie reg en goed voel oor iets nie, dan laat ek dit verby gaan sonder om daaroor na te dink of om terug te kyk. So Kanada! “Thanks, but no thanks!” Intussen het my hart weer begin punt trek na die sneeu wêreld in Oostenryk en Switserland. Na 10 jaar se afwesigheid roep die sneeu. Is nie meer so seker of ek nog kan regop staan op ‘n “snowboard” nie?
Maandag wat voorlê is dit vroeg uit die vere en met die langpad af na London vir drie onderhoude. Ek het sommer so “package deal” gereël om die die tyd en prys van vliegtuigkaartjie te regverdig. Ek kan nie veel sê nie, so ons kan net wag en sien wat gaan gebeur en of ek darem nie te oud is vir die hele storie nie. Dit is baie jare dat ek laas onderhoude gehad het, so ek is ook nie meer so seker hoe ek moet sit, staan en lê nie.
Ek gaan nie veel sê oor wat ek gaan doen nie, maar sal vir julle so “preview” gee oor die drie onderhoude. Een is privaat en die ander twee is toer maatskappye.
- Klosters - Switserland
- Switserland & Oostenryk 1
- Switserland & Oostenryk 2
So as julle Maandag wakker word en sukkel om uit die bed te kom omdat Sondag se bring en braai te erg was, spaar my ook ,n gedagte. Julle kan sommer so vir die interessantheid sê watter nommer julle van hou. Die werke is baie dieselfde. So tot volgende week dan!



Ek hou duim vas vir die onderhoude… ek kan net nie verstaan dat sneeu aanloklik kan wees nie. lol
Dit het sy bekoring! Ek is mal oor daardie ongelooflike stilte wanneer dit sneeu en al wat jy hoor is die sagte ritsel van sneeu vlokkies.
Oeee…. Ek love die winter, so ek kan maar bieg… Ek is jaloers op jou vooruitsig!
Baie sterkte vir more en die res wat daarmee saamgaan! Ek sal aan jou dink as jy v my tjoklits stuur… Fair deal?
Sjoe, dit klink alles great. Sterkte vir die onderhoude!
Dankie! Dinge het goed verloop, selfs nadat ek my vlug gemis het. So dit is nou net wag en hoor.