rss
16

Pienk polonie en blou eiers.

PolonyVanoggend gedurende my wandel sien ek ‘n advertensie vir een of ander toebroodjie met sulke aaklige pienk ham en nog ander “filling” daarop. Dit het my sommer weer herrinner aan dinge waarvan ek nie hou nie en tog so deel is van jou groot word en kinder dae.
Ek het die meeste van my skool dae in ‘n koshuis gebly en Sondagaande was dit sulke verskriklike erg pienk polonie en blou gekookte eiers. Watter skool dieetkundige het dit uitgedink. Weet hulle wat doen daardie blou eiers in ‘n kind se maag en dit nog voor hy kerk toe moet gaan. Geen wonder die kerk was Sondagaande leeg nie. Almal in die dorp het geweet wat is op die koshuis se spyskaart en vir gesondheid en veiligheids redes, het die meeste inwoners veilig agter deure gebly en seker gebid dat die dag tog net tot einde kom. Persoonlik dink ek dit was alles deel van die apartheids regering se planne vir nuwe chemiese oorlogvoering. Kan hulle seker nie kwalik neem nie. As die ANC skoolkinders kon gebruik vir optogte, kan die apartheidsregering seker ook sy eie opoffer vir “the greater good”.
Die wonderlikste van alles is, dat mens die voorreg gehad het om deel van groep te wees wat in stereo kon poep!

Oor die pienk polonie wil ek nie veel nie veel uitbrei nie. Net die gedagte alleen wat is alles in daardie pienk “paste” is genoeg om my op die grasperk te laat wei. Gepraat van polonie! Wie onthou nog daardie “gevaarlike” rooi vienna worsies, wat die gesondheids owerhede later verban het agv die gevaarlike kleurstof wat dit bevat. Dit nadat die helfte van die bevolking vergiftig is en die res met een of ander “twitch” moet saam leef.
Ek moet darem die ou matrone gelukwens met die inisiatief om darem die polonie aftewissel met pienk knoffel polonie. Dink jou daardie chemiese reaksie in saam met die eiers in ‘n hormoon aangedrewe tiener se maag. Mostertgas se naam is gat!

So het die lewe voort gegaan. Weermag toe en daar het ek geleer hoe maak mens “polonie stew” met Bisto en groen vla met piesang in! Intussen het ek groter geword en soos die finansies verbeter het, het ek darem nou gevorder tot ligte pienk ham wat bestaan uit 80 persent water. Die eiers het ek ontgroei en is nou oud genoeg om te kan poep sonder hulp middels.

Comments (16)

Trackback URL | Comments RSS Feed

  1. Ek LOVE polonie… dit val in die selfde katagorie as Bully beef… Dis lekker as jy dit net so eet of braai… :mrgreen:

    Ek wonder hoekom word eiers blou as jy dit te kank kook :?:

  2. Wipneus says:

    Whahahahaaaaa Die inskrywing het my laat skreeu van die lag!! Well done :)

  3. Pikkie says:

    Lekker lag ek nou… het ek al genoem dat my man ‘n skriftelike waarskuwing by die slaghuis waar hy gewerk het gekry het omdat hy twee jaar oue vleis weggegooi het?! Hulle verweer was dat hulle dit nog in die russians kon gebruik het! Ek weier om enige verwerkte vleis te eet… Mens weet nie wat (of wie) jy eet nie!!

  4. Rustig says:

    @GvS Ek kan polonie nie hanteer nie. Ek dink dit is die aakligste uitvindsel in die kosbedryf. Gelukkig het ons dit by die huis baie min gekry. Jou polonie braai klink na iets wat ek liewer sal vermy.

    @Wip Ek self het geglimlag toe ek die broodjie sien vanoggend. Het my laat terug dink aan my koshuis dae en ook aan sommige mede skoliere wat dit vreeslik “gelike” het.

    @Pikkie Stem saam met jou, maar ongelukkig het die “verwerkte vleis” industrie en dit wat daarmee verband hou ‘n vreeslike slegte prentjie. In Europa is dit ‘n proffessie om vleis te verwerk en te proseseer. Ek is nogal baie lief vir sommige van die produkte, maar pienk polonie is nie deel van hulle produkte nie.

  5. Pienk polonie …. nou nie my 1st keuse as ek honger is nie, of net wil kry om aan te knaag nie. Hulle se mos alles wat hang word in dit beruik …..

    Die laaste ruk het ek nou begin watch wat se vleis ek eet, en as dit op die wrapper se dat daar minder as 86% “vleis” in is, vermy ek dit heeltemal.

    Ek het so n ruk terug self geblog oor viennas, en wat daar is is (of nie) Lees maar self hier http://moddereilandblog.blogspot.com/2010/03/would-you-eat-this.html

    Tong is ook natuurlik heeltemal uit – niks slegter as dit nie, ek ondou hoe ons dit en pilchards vir ontbyt in die Army gekry het ……

    Se jou wat, as jy weer in London kom, sal ek vir jou n pien polonie broodjie maak vir padkos …… :-)

    • Rustig says:

      Nee dankie! Jy kan dit vir Anja gee vir “school lunch”. Stem met jou oor ek raak ook al hoe meer bedag in wat ek eet. Die swak verwerkte vleis kom die meeste voor in Britanje en Ierland. Op die vasteland is dit ander storie. Hier in Ierland is die pienk polonie so pienk dat jy moet sonbril opsit om jou toebroodjie te eet. Wil nie weet watse kleurstof hulle gebruik nie.
      Is Maandag in London, maar moet ongelukkig my “lunch” afspraak met jou kanseleer! :lol:

  6. PlaasJuppie says:

    Hahahaha. Hierdie inskrywing moet saam met ‘n waarskuwing kom. “Die volgende inhoud dra ‘n gesondheids waarkuwing. Rennies en gasmaskers verpligtend”

  7. Sammi says:

    Jiggghhh…neewat ek sal ook verby hou. Pienk en blou kos vir ‘n groenbewuste nasie???
    Jy is seker stampvol bespreek vir Maandag in Londen?

  8. demoerin says:

    Bwahahaha, yip, those were the days. Ek was nog nooit ‘n groot polonie fan nie, ook nie hardgekookte eiers nie. ‘n Gekookte eier is vir breakfast on the spot, met geel nog so bietjie sag en BAIE sout… inne kelkie, sjoe, hoe lanklaas het ek dit nie gehad nie.

    • Rustig says:

      Sag gekookte eier. Wit moet net set en geel so lekker dik en romerig. Dit is nou gekookte eiers. Daai blou eiers hop soos ping-pong balletjies as jy hom gooi.

  9. Gogga says:

    Ek kan onthou my ouma het altyd polonie vir die honde gekoop. Tot vandag toe dink ek dit is hondekos en as ek so luister dan is dit nie te ver verkeerd nie.

    Gekookte eiers is my man se Sondag ontbyt maar hy eet hulle darem nie blou nie.
    Ek hou van die eiers net sood DM dit noem, maar ek hou van koue eiirs dit laat my dink aan vakansie padkos see toe.

    • Rustig says:

      NEEEEEEEEEE! Ek haat gekookte eiers koud vir padkos. Dit sit in my keel vas en dan moet ek swart koffie drink (wat ek niks van hou nie) om dit af te sluk. Gelukkig is ons nie padkos mense nie. Klim en ry tot eind bestemming was my pa se filosofie.

Leave a Reply




If you want a picture to show with your comment, go get a Gravatar.