Tot dusver…
Ek weet dit is maar stil hier in my geweste, maar dit is seker maar tekens dat die jaar na sy einde toe staan en daar nie veel is of te sê nie. So paar dinge het in die wêreld gebeur. Nie dat dit my vreeslik verras het nie. Dit was tog voorspelbaar as mens jou gesonde denke en verstand gebruik. Ek moet egter erken dat ek nie vreeslike voorstander en geloofwaardigheid het in klimaats verandering nie. Persoonlik glo ek dat die aarde deur klimaat siklusse gaan en nie as gevolg van die mensdom nie. Moenie my verkeerd verstaan nie. Ek is voorstander van herwinning en “groen energie” en al die ander dinge wat die waters en grond vergiftig en dat ons tog moet oplet oor wat ons doen. So die skandaal wat oor die afgelope paar dae skielik na vore gekom het oor hoe die “slimmes” data vervals het en verslae geskryf het en ons ou normale ou mensies bevark het, bevestig maar net weereens hoe ons alles sommer net aanvaar omdat een slimjan so sê. Die ander ding wat glad nie my ou troontjie omgegooi het nie, was die aankondiging dat Dubai ook nou insolvent is. Dit nogal met geleende geld. Kapitalisme is ook nie die antwoord vir alles nie. Wonder wat gaan van die Kaapse Waterfront word?
Self gaan dit goed. Dinge raak besig en ek geniet my 3 dag week ten volle. Sal ten minste uitgerus wees as ek met my 5 weke vakansie in die Kaap rondloop.
Dit is nou vir eers al.



Jippie! It’s alive!
Rus maar lekker uit, dat jy op dei strand kan kom baljaar!
Nie eindtlik strand baljaar materiaal nie. Verkies eerder om op die klip te sit en oor die see uit te kyk.
…. met ‘n yskoue bier in die hand kan dit ook lekker wees ja.
Moenie vergeet van ons afspraak nie. Ek is 8 Jan terug uit Namibië.
Sal nie. Sal vir jou laat weet voor ek SA toe vlieg.
Solank jy nog sporadies skop, is die Kaap Hollands.
Hey Paisley,
I hope this is you , long time no see or hear, please email me I would love to make contact with you and catch up.
Terry
Hi, Onrustig, jy klink vir my nie juis onrustig nie? Maar Antie Koekie is mos vanself nou nie die rustige soort nie.
Lekker om nou weer orals in te val en hallo te sê.
Hoop jy gaan jou Kaap vakansie moerse geniet.
Gaan sê hallo vir Bloubergstrand vir my part, asb.?
@Terence: Yes it is me! About 19 years since I last saw and heard of you. Will send you an email soon!
Nou hoe baie het jy verander in 19 jaar ou Krok?
Nog net so oulik soos die dag toe ek gebore is! Dalk net wyser!
Ja hulle se mos… wysheid kom saam grysheid!