Is ek “kommin”…
Rustig | Oct 26, 2009 | Comments 20

…as ek blou “vis plakkies” dra en daar vlieg 3 eendjies die ewigheid in teen my muur?
…as ek na Jack Parow luister en braai met Kooler Box as agtergrond musiek?…omdat ek sandale en kouse aan het met ‘n kam in?
…daar ‘n pienk plastic flamink in my voortuin is en rusbank met ‘n kunsmatige sebra vel oortreksel.
Wat maak sommige dinge “kommin” en ander weer “kitch”? Is dit omdat ons sekere assosieer met sekere mense, kultuur en taal? Wat is so erg aan wollerige dobbelsteentjies aan die tru-spieeltjie?
Ek dink my “Tretchikoff prints” is hel “sexy”, maar pienk plastiek krullers in die hare op Vrydag agtermiddag in die dorp is “kommin”.
Filed Under: Sommer Net

Neewat Rustig, jy is nie kommin nie, (watter aaklige Afrikaanse woord) jy is klas.
want ek is mos maar vol nonsens.
Dis hoe jy jouself handhaaf of nie, hoe jy reageer ens.
Daar is ‘n plek en tyd vir alles – selfs mooi gesigte deur Tretchikoff kan baie goed lyk.
Buitendien jou kos smaak alleenlik bewys aan my in watter liga jy speel.
En jou sin vir humor.
Ek ondersteun in alle geval net diegene wat nie daai woord is nie
@Sammi: Ek het nie een van daai dinge in my lewe of woonplek nie. Dit is maar net hoe ons mense en dinge asossieer.
Jeez, ek kannie glo jy weet van Jack Parow nie!
Ek het maar eers oor die naweek uitgevind.
Ja, al die bogenoemde is kommin. Weet nie hoekom nie, maar vet weet, dit IS kommin.
“Kommin” is tog ook lekker soms! Die een se “kommin” is die ander se “kitch”.
Oe, ek llaaik Kitch… Veral Afrikaner Kitch fasineer my! Dis ‘n kuns. Kommin is ‘n houding en gedrag.
Maar ek wil net weet… As iemand praat van visplakkies… hoekom weet almal wat dit is? Van waar die naam
GvS: Weet nie hoe oud jy is nie, maar dit was die voorganger van al die “grênd” plakkies wat ons deesdae kry. Sponserige sool en vissies op die “straps”. Bruines ook gekry. Pen doring het sommer dwarsdeur die sool gesteek.
Erm… Girl is 31 jaar in lyfjare!
Ek kan nie onthou of ons dit as kind gedra het nie
Ongeskik, onmanierlike gedrag, kru taal en vieslike bar grappe, mense wat ander mense veneder en sleg behandel omdat hulle dink hulle is beter, is vir my vreeslik “kommin” (Net een voorbeeld mense wat die waiters so sleg behandel dat ek wens die aarde sluk my in, hulle vergeet dat hierdie somtyds studente is wat ouers help betaal aan duur studiegelde)
Is ek kommin? Miskien is ek, deesdae word so baie dinge as kommin gelable, dat mens nie meer seker is nie.
Rustig ek het Jack Parow gaan soek op Youtube, maar kry niks, help bietjie hier asb?
Wip: Gaan na Johan de Vries se blog en daar is inskrywing oor Jack Parrow en ook ‘n podcast met twee van sy liedtjies op. Ek is nie vreeslik beindruk nie. Taal gebruik laat veel te wense.
En waar is Johan de Vries se blog? Maar as die taalgebruik nie na wense is nie, is dit seker nie die moeite werd om na dit te gaan luister nie…
Zee: Daar is ‘n link onder podcasts in die middel kolom van my bloglinks. Ek stem Zee, soms wonder ek of die mense nie maar lelik praat omdat dit is al manier hoe hulle aandag kry nie.
As mens nou letterlik wil wees is kommin die Afrikaanse anglisisme vir common op Ingils wat natuurlik algemeen beteken. Dit word algemeen verwag om visplakkies, eende/tapesierie van die voortrekkermonument/Tretchikoff en groot vyf afdrukke teen die muur, pienk doilies oor die ekstra toiletrol in die badkamer, golfbal posbusse ens. ens. ens. in Afrikaanse huise te kry. As die goed jou dan kommin maak, dan staan ek ook in die kommin hoekie.
Hoe klink dit so of daar op tone getrap is? Ek het nie een van die goed nie en luister ook nie na dioe genoemde musiek nie. Dit was maar so bietjie tong in die kies. Is dit nie dalk as ons genoemde goed sien dat ons mense soms in sekere kategorie plaas nie?
Kommin is ook partykeer lekker!! (Veral as jy so nou en dan jouself so gedra) Net alles in die wind gooi en nie bekommer oor wie wat mag dink nie.
Ek wonder ook nog oor die naam visplakkies
Hulle is die BESTE…. *steek my hand op* Demoerin is kommin
Sulke Pep Stores modelle!
Nie vreeslike palkkie mens nie, die goed bly val uit my voete of ek loop sommer uit hulle uit. Is soos jy sê, dit is soms lekker “to let your hair down”.
Ek weet nie, maar ek vrek oor weense worsies en dit is glo gemaak van afval en pote en dit is glo commin om dit te eet, whatever!!! dit is altyd in ons yskas.
Onthou jy daardie rooi viennas? Dit is van mark verwyder want die “food police” het gesê die rooi ink is giftig. Altyd gewonder waar ek die “twich” in my nek vandaan gekry het.
Ek sien Plakkies is nou weer mode, slip-slops… voorheen het ons Hang Ten plakkies gedra, maar deesdae kan ek nie met plakkies loop nie, ek wil net oor my eie voete val. ai die ouderdom
Hang Ten was vir baie “grênd” mense. Daardie met die “strap” oor die brug van jou voet.
Nee jinne Rosie, ek loop nog elke dag met my plakkies, en val nie oor my eie voete nie, en ek ken van ouderdom