Ek is nie…
Rustig | Oct 06, 2009 | Comments 26
Nadat ek by die “pastorie tannie” gelees het oor die verskil tussen mans en vrouens, is ek sommer weer omgekrap. Nie oor wat sy geskryf het nie, maar oor hoe ons as mens gedurig deur die media in verskillende kategorië geplaas word, omdat jy as persoon sekere maniere en houdings openbaar. As jy my nou liederik wil omkrap moet jy my nou in ‘n sosiale “box” druk. Ek is nie ‘n verdomde item wat jy nou in DHL verpakking kan toe draai en moerse ettiket omhang sodat almal presies weet waar jy inpas en oppad is nie. Ons as mens in elkeen ‘n unieke skepping, (Skepping, so moenie nou met Darwin en sy twak na my kom nie, nie my skuld jou oer ouma was harig en het luise op haar spruite se kop gesoek nie.) dus is ons nie een soos die ander nie. Soos vinger afdrukke van elke persoon op aarde verskil, so verskil elke mens van die ander.
Dit grief my omdat ek vir baie jare in ‘n “box” gedruk is deur onderwysers, mense en familie buite die gesins verband. Vir jare het ek met ‘n ettiket om die nek geloop omdat dit is soos die Huisgenoot, Vogue en wie weet watse ander slim boeke gesê het dit moet wees nie. Ons is soos wat ons ouers ons groot gemaak het en die fondasies gelê het. Ons mag dalk van hulle nukke en geite aangeleer het. Deur die jare soos ons groei in liggaam en gees word ons beinvloed deur dinge rondom, maar steeds is en bly ons uniek in eie reg.
Kriminele and moordenaars kan dalk “geprofile” word op televisie en in die werklike lewe, maar asseblief ek is nie een van genoemde nie. Ek is maar net ek in my eie reg met my eie persoonlikheid. So as ek nie inpas by jou kategorie nie, los my liewer uit, maar moenie vir my in ‘n “box” druk nie. Jy gaan nie groot genoeg “box” hê om my in te sit nie.
Filed Under: Sommer Net

Ek verstaan presies wat jy sê. Almal unieke mense, maak nou nie saak of jy man of vrou is nie. Unieke opvoeding, unieke denke en unieke persoonlikhede. Dit is die geldmaakmense wat jou in ‘n boks probeer druk sodat iemand anders ‘n boek moet koop om jou te probeer verstaan…. terwyl hulle net reguit vir jou kon vra.
Dalk moet ek ook ‘n boek skryf. Hoe om uit die “box” te klim sonder om die “wrapping” te skeur. Wil jy mede outeur wees.
Ja, ons kan geld maak met ‘n boek oor hoekom juis almal nie in 2 (man en vrou) boksies inpas nie!
Dis waar. Kyk nou net hoe het ek jou in totaal die verkeerde boksie gedruk…
Wat my WILD maak, is as mense alle Afrikaners in dieselfde boks wil sit. Jy praat Afrikaans, daarom hoort jy in die Coke-en-brandy boksie…grrrrr…
Nou het jy punt beet. Jy het vergeet van die 3lt Ford! Ek is verligte Afrikaner. Hou van “facials” en drink Savanah Lite.
En dan sê die “pastorie-tannie” weer vir jou, dan is dit juis seker hoekom ek so baie van jou hou.
Dit is nie wat jy geskryf het nie, dit het maar net die wiel aan die rol gesit. Dit bly en sal seker altyd ‘n netelige sakie bly. Te veel Jung en Freud deesdae, dan vergeet ons skoon van die mens self.
“After all we are human.”
Ek was nog altyd stroom op en skuins van die reguit pad ek laat my nie in boksies druk nie mind you as jy nou my teddie vra dan vertel hy sommer byvoorbaat vir jou daar is nog nie ‘n boks waarin hulle my sal kan plaas nie, dit moet nog geskep word. whahahaha Jy weet mos “rebelliousness and a stubborn nature”
Pastorie tannie????? whahahahahaaaaa (Ek wonder toe nogal nou wie is die pastorie tannie van wie Rustig gesels)
Jy moet die “pastorie tannie” se nuwe Skype foto sien! Wip: As ek so luister dink ek Teddie soek ‘n “box” om in weg te kruip, want ek kry die idieë iemand “rev” daai “bandwith” in die rooi met die Youtube.
Ek het die pastorie tannie se foto gesien
Ja Rustig hierdie bandwidth het my elke keer in die moeilikheid dis net die diepte wat van maand tot maand verskil!!!
Moenie so openlik oor haar skinder nie, julle!!!
En Rustig, jy gaan gepiets word en dan verander ek daai foto terug na die berg toe, hoor!!
Piets sê jy? Wat maak Rustig so gelukkig?
No comment. Maar *ek fluister* dis omrede hy so cheeky is DM
Ek kan ook cheeky wees…. belowe
“Skepping, so moenie nou met Darwin en sy twak na my kom nie, nie my skuld jou oer ouma was harig en het luise op haar spruite se kop gesoek nie.”
LOL: mense het 200 jaar gelede nog luise op hul spruite se koppe gesoek. wag flip so onlangs as 60jr gelede in die oorlog in tifus te keer.
maar serious nou. sammi gaat vir jou looi tot jy lekker kry.
Van boksies en dinge gepraat, meeste van julle het reeds gese^ wat ek ook voel. Net dit nog, ek dink hierdie boeke soos “Men are from Mars and women from Venus is ‘n pot snot”. Baie keer word ‘n sterk vrou as mannetjiesrig gebrandmerk en ‘n sensitiewe man as skeef. Dit maak my sommer hoogs befok en ver van die huis af.
[...] Uit die Doos Ervaring (Soos in ‘n kartonboks) [...]
Ja Rustig ek stem een honderd persent saam met jou. Dis sommer nonsens dat mens so gekategoriseer word. ‘n Mens is ‘n mens en elke mens is in sy of haar eie kategorie. Wat my baie kwaad maak is wanneer die samelewing sekere gedagspatrone by mense probeer afdwing. Soos byvoorbeeld wanneer ek by sosiale geleenthede noodwendig verwag word om saam met ‘n klomp mans te moet sit en bier drink en vuil grappe vertel. Ek drink nie bier nie en vuil grappe verveel my. Dit het gemaak dat ek ‘n bra onsosiale lewe lei.
Flippie: Ek moet saam stem met jou. Dit is hoekom my lewe ook maar na die kluisenaars “club” toe beweeg het. Vir sinnelose gedrink en grappe wat ek die meeste van die tyd nie “vang” nie, het my ook gemaak dat ek meer tyd in boek winkels spandeer.
Jy darem lank ek is nie. Wanneer gaan jy weer IS?
En jy IS nogsteeds nie!!! WAAR IS jy??? Wo bist du??? Where art thou??? Dónde estás???
Maggies – Rustig – moet ons ‘n soekparty uitstuur???? Kom in,kom IN!!!!
En nou gaan jy seker vertel EK moet bedaar, hmmmm?
Dankie TOG!!! Its alive!!!!
Enne is deel van daai vereenvoudiging jou bydrae van ugghhhmmm daai huiswerk wat die ander ALREEDS beginne het??? Het jy DM s’n gesien? Gits, hy’t my sommer so ‘n biekie laat terugverlang Jozi toe. Maar ek sien Girly dink ek’s dalk deel van die Zuma clan! Behhhilixem…maak my sommer BLY ek’s nie meer daar nie!!!
Maar wikkel tog nou met joune!!!
Ou Krok… Daar is mos daadwerklik ‘n verskil tussen mans en vrouens…