Onrustig's World » Afrikaans

Nuwe Keuses
Die tyd het aangebreek om die tasse te pak, onnodige dinge weg te gooi en nuwe rigting in te slaan. Die stofpad roep! Na amper 10 jaar se verblyf in Ierland voel ek nou dit is tyd vir nuwe dinge en ander rigting. Keuses is gemaak en nuwes moet gemaak word. Al wat ek weet is dat die einde het aangebreek vir die hoofstuk in my lewe.

Na lang gedink en rond rol op die rusbank het ek besluit om nie meer Kanada toe te trek nie. Redes is baie en ook nie regtig belangrik nie. Ek is persoon wat as ek nie reg en goed voel oor iets nie, dan laat ek dit verby gaan sonder om daaroor na te dink of om terug te kyk. So Kanada! “Thanks, but no thanks!” Intussen het my hart weer begin punt trek na die sneeu wêreld in Oostenryk en Switserland. Na 10 jaar se afwesigheid roep die sneeu. Is nie meer so seker of ek nog kan regop staan op ‘n “snowboard” nie?

Maandag wat voorlê is dit vroeg uit die vere en met die langpad af na London vir drie onderhoude. Ek het sommer so “package deal” gereël om die die tyd en prys van vliegtuigkaartjie te regverdig. Ek kan nie veel sê nie, so ons kan net wag en sien wat gaan gebeur en of ek darem nie te oud is vir die hele storie nie. Dit is baie jare dat ek laas onderhoude gehad het, so ek is ook nie meer so seker hoe ek moet sit, staan en lê nie.

Ek gaan nie veel sê oor wat ek gaan doen nie, maar sal vir julle so “preview” gee oor die drie onderhoude. Een is privaat en die ander twee is toer maatskappye.

Klosters - Switserland

Switserland & Oostenryk 1

Switserland & Oostenryk 2

So as julle Maandag wakker word en sukkel om uit die bed te kom omdat Sondag se bring en braai te erg was, spaar my ook ,n gedagte. Julle kan sommer so vir die interessantheid sê watter nommer julle van hou. Die werke is baie dieselfde. So tot volgende week dan!

Pienk polonie en blou eiers.
Vanoggend gedurende my wandel sien ek ‘n advertensie vir een of ander toebroodjie met sulke aaklige pienk ham en nog ander “filling” daarop. Dit het my sommer weer herrinner aan dinge waarvan ek nie hou nie en tog so deel is van jou groot word en kinder dae.

Ek het die meeste van my skool dae in ‘n koshuis gebly en Sondagaande was dit sulke verskriklike erg pienk polonie en blou gekookte eiers. Watter skool dieetkundige het dit uitgedink. Weet hulle wat doen daardie blou eiers in ‘n kind se maag en dit nog voor hy kerk toe moet gaan. Geen wonder die kerk was Sondagaande leeg nie. Almal in die dorp het geweet wat is op die koshuis se spyskaart en vir gesondheid en veiligheids redes, het die meeste inwoners veilig agter deure gebly en seker gebid dat die dag tog net tot einde kom. Persoonlik dink ek dit was alles deel van die apartheids regering se planne vir nuwe chemiese oorlogvoering. Kan hulle seker nie kwalik neem nie. As die ANC skoolkinders kon gebruik vir optogte, kan die apartheidsregering seker ook sy eie opoffer vir “the greater good”.

Die wonderlikste van alles is, dat mens die voorreg gehad het om deel van groep te wees wat in stereo kon poep!

Oor die pienk polonie wil ek nie veel nie veel uitbrei nie. Net die gedagte alleen wat is alles in daardie pienk “paste” is genoeg om my op die grasperk te laat wei. Gepraat van polonie! Wie onthou nog daardie “gevaarlike” rooi vienna worsies, wat die gesondheids owerhede later verban het agv die gevaarlike kleurstof wat dit bevat. Dit nadat die helfte van die bevolking vergiftig is en die res met een of ander “twitch” moet saam leef.

Ek moet darem die ou matrone gelukwens met die inisiatief om darem die polonie aftewissel met pienk knoffel polonie. Dink jou daardie chemiese reaksie in saam met die eiers in ‘n hormoon aangedrewe tiener se maag. Mostertgas se naam is gat!

So het die lewe voort gegaan. Weermag toe en daar het ek geleer hoe maak mens “polonie stew” met Bisto en groen vla met piesang in! Intussen het ek groter geword en soos die finansies verbeter het, het ek darem nou gevorder tot ligte pienk ham wat bestaan uit 80 persent water. Die eiers het ek ontgroei en is nou oud genoeg om te kan poep sonder hulp middels.

Besluite en teleurstellings.
In die tye en dae wat dit so stil was op hierdie ou werfie, het daar baie dinge gebeur. Nie vreeslik fisies nie, meer oor wat in die gedagtes aangaan en besluite wat geneem moet word oor wat en waarheen die stofpad my nou neem. Party dae het dit geklink soos ‘n bos telegraaf in my kop. So na amper twee jaar se voorbereiding het ek toe maar besluit om nie meer oor die Atlantiese Oseaan te trek nie. Dit is te ver en ek het nie nou die energie om weer van voor af te begin nie.

Dit mag dalk vreemd wees vir sommige dat mens so lank neem om jou dinge reg te kry en dan om op die laaste te ontrek. Dit is nou maar seker soos die lewe is. Ek voel net as jou hart en siel nie regtig by ‘n saak is nie moet jy liewer op sy staan en dit laat vaar. Dit is presies wat in die laaste paar maande gebeur het. Die slotsom is dat Europa nou maar my tuiste sal wees na 14 jaar, sal seker ook wees vir die jare wat kom.

Ongelukkig is die besluite nie verby nie. My tyd in Ierland is ook besig om tot einde te kom. Na amper 10 jaar is dit ook nou genoeg. Daar is darem ‘n flou liggie aan die einde van die tonnel, maar sal seker eers teen einde Julie weet of dit gaan helder word en of daar nog ‘n kruising is in die stofpad vorentoe.

Die enigste teleurstelling nuus gedurende die tyd is toe ek vandag lees dat daar geen “kaalbas kolonie in Orania” gaan wees nie. Nou moet ek weer gaan klere koop! Dêmmit!

Naweek “blues”.
Die ou naweek het ook maar treurig begin. Nogal lang naweek van alle dinge hier in Ierland. Saturdag (5 Junie 2010) het ek soos ‘n wafferse slim student die tog na die universiteit onder neem om ‘n Engelse Taal toets te skryf om te sien of ek darem genoeg “grammar” ken en my “yes and no’s” op die regte plekke sit. Wel dit was darem nie te sleg nie, hoop net dat ek die veronderstelde 7 gaan kry anders moet ek her. Vir her is ek nou regtig nie lus nie en om nog ‘n €200 te betaal nog minder. Ek kan aan baie dinge dink om daardie geld te spandeer.

So met die een oog op Sky News sien ek dat daar sommer al weer klaar ‘n tragedie is in Suid Afrika met toeskouers wat mekaar vertrap. Dit nogal voor die amptelike Wêreld Beker. As ek sulke dinge sien is ek sommer glad nie positief oor die hele aangeleentheid nie. Sommige sal my seker weer met klippe en modder gooi oor my min vertroue, maar ek is nou maar ongelukkig ‘n realis en voor ek nie verkeerd bewys word nie, verander ek nie van idieë nie.

Op positiewe noot is ek baie bly my gunsteling groep het gewen in “Brittian’s Got Talent”. Ongelooflik! As ek die koerante reg lees lyk dit sommer of hulle by die London Olympics as een van die “opening acts” gaan wees.

So op die noot sê ek maar vir eers “cheers”!

<object classid="clsid:d27cdb6e-ae6d-11cf-96b8-444553540000" width="580" height="360" codebase="http://download.macromedia.com/pub/shockwave/cabs/flash/swflash.cab#version=6,0,40,0"><param name="allowFullScreen" value="true" /><param name="allowscriptaccess" value="always" /><param name="src" value="http://www.youtube.com/v/6Hxp4haVpTE&hl=en_US&fs=1&color1=0x2b405b&color2=0x6b8ab6&border=1" /><param name="allowfullscreen" value="true" /><embed type="application/x-shockwave-flash" width="580" height="360" src="http://www.youtube.com/v/6Hxp4haVpTE&hl=en_US&fs=1&color1=0x2b405b&color2=0x6b8ab6&border=1" allowfullscreen="true" allowscriptaccess="always"></embed></object>

Terug!
Na ‘n afwesigheid wat soos ‘n ewigheid gevoel het, is ek nou weer terug met ‘n hup en stoot. Genoeg gerus vir eers en sal nou weer die pen (of “keyboard” optel en weer probeer om so paar woorde aanmekaar te slaan. Weet nie wat die resultaat gaan wees nie. Nie veel dinge het gebeur in my afwesigheid met my of in my lewe nie. Sekere dinge verander nie regtig nie.

Moenie teveel verwag nie. Die voete sleep nog so bietjie en die gedagtes moet nog ge-orden word.

Tot later dan!